Troeteldierversekering kan gemoedsrus en finansiële ondersteuning bied wanneer onverwagte mediese uitgawes opkom. Dit is soortgelyk aan gesondheidsversekering vir mense, en dek onverwagte beserings en siektes wat jou troeteldier kan ondervind. In hierdie artikel gee ons noodsaaklike wenke om te verseker jy kry maksimum voordeel uit jou troeteldierversekering uit. Ons gesels oor wanneer is die beste tyd om troeteldierversekering uit te neem, die begrip van bestaande toestande, wenke hoe om te eis, sowel as 'n oorsig van Virseker se troeteldierversekeringsplanne.
Hoe vroeёr jy jou troeteldier verseker, hoe beter.
Laer premies: Jou troeteldier se risiko profiel verhoog soos hulle ouer word, so om hulle so jonk as moontlik (van 8 weke af) te dek, verseker dat hul premies laer is.
Vermy bestaande toestande: Jonger troeteldiere is minder geneig om bestaande toestande te hê wat nie deur die versekering gedek word nie. Net soos jy nie 'n motor kan verseker nadat dit gesteel of in ‘n ongeluk was nie, sal troeteldiere met bestaande toestande nie vir daardie kwessies gedek word nie. As jou troeteldier simptome van 'n besering of mediese toestand toon voordat jou dekking begin het, sal dit as 'n bestaande toestand beskou word.
Vir solank as jou troeteldier verseker bly en in aanmerking kom vir ongeluks- en siektedekking, sal die polis voortgaan om die gespesifiseerde vlak van dekking te bied.
Druk 'n paar eisvorms uit om saam met jou te neem wanneer jy na die veearts gaan.
Verseker dat jy betalingsbewyse vir vergoeding het, sowel as 'n gedetailleerde faktuur. Dag-tot-dag eise vereis dat jy vooruit betaal en dan terug eis.
Vir groot uitgawes kan ons reël om jou veearts direk te betaal. Kontak die eis-span om dit te reël, en maak seker dat jou veearts ook met die reëling saamstem. Ons weet dit kan 'n baie stresvolle tyd wees, en ons help graag.
Jy sal nie 'n lidmaatskapkaart as bewys van versekering ontvang nie. Jou Welkom E-pos sal jou dekking se begindatum bevestig. Maak net seker dat jou premies op datum is en jou dekking sal voortgaan.
Maak seker die veearts sluit soveel moontlik inligting op die eisvorm in. Dit sal tyd spaar, aangesien versekeraars die veearts mag kontak vir verdere besonderhede. Veeartse is baie besig, en wanneer versekeraars hulle moet kontak vir verdere inligting oor jou eis, kan dit die proses vertraag.
Wees gereed om jou troeteldier se veeartsgeskiedenis te verskaf. Wat is 'n veeartsgeskiedenis? Dit is 'n rekord van al jou troeteldier se besoeke aan die veearts. Dit kan net vir roetine-inentings wees, maar dit help die versekeraar om te bevestig dat jou troeteldier gesond is. As jy pas 'n nuwe bont-kindjie gekry het wat nog nie die veearts besoek het nie, of 'n nuwe aanneem-kind waar die geskiedenis onbekend is, is dit glad nie 'n probleem nie. Gee dit net aan die versekeraar – ons verstaan.
Lees jou Polis Skedule om die wagperiodes, eise bybetalings, en dekkingsperke vir verskillende eissoorte te verstaan. Kontak die Troeteldier Sorg-span as jy enige verduidelikings benodig, en hulle help met graagte om alles aan jou uit te lê.
Definisies van versekeringswoordeskat kan gevind word in die Bs&Vs dokument wat jy sal ontvang wanneer jy troeteldierversekering uitneem.
As jy onseker is of 'n behandeling of operasie gedek sal word, kontak die Voorafmagtigings span by troetel-magtiging@virseker.co.za om dekking en voordele te bevestig VOORDAT jou viervoet behandel word.
Roetinebehandelings soos inentings, ontwurming, en bosluis- en vlooimiddels kan onder die Welstand voordeel geëis word.
Die Welstand voordeel kan ook bydra tot sterilisasiekoste, maar let daarop, dit is beperk. Gebruik dit verstandig, aangesien versekering hoofsaaklik vir onverwagte gebeure is. Ons vertrou dat jy as 'n verantwoordelike troeteldiereienaar ook vir die roetine-dinge sal begroot, maar ons sal help waar ons kan. Die ander rede waarom ons hierdie voordele beperk, is om jou premies bekostigbaar te hou.
Virseker bied vyf omvattende troeteldierversekeringsplanne wat aangepas is vir verskillende behoeftes:
Ongeluksvoël
Basiese dekking vir hospitalisasie weens toevallige beserings. Geen siekte- of dag-tot-dag dekking nie. Hierdie opsie is ideaal vir troeteldiere in hul “goue jare”.
Veer-Lig
Omvattende dekking wat lig is op jou sak. Dit sluit welstand (roetine sorg), dag-tot-dag veeartsbesoeke, en hospitalisasie weens ongeluk of siekte in. Jy sal ook hul nagedagtenis kan eer met die Begrafnis en Verassings voordeel.
Hospitaal-Haas
Hierdie hospitaalplan is ideaal as jy gelukkig is om dag-tot-dag besoeke uit die sak uit te betaal. Dekking is slegs vir hospitalisasie weens ongeluk of siekte. Welstand kan bygevoeg word teen 'n klein bykomende premie.
Kat-se-Snor
Omvattende dekking met hoër voordele as Veer-Lig, wat 'n balans bied tussen koste en dekking, sonder om die bank te breek.
Pronk-Pou
Volledige omvattende dekking, insluitend 'n eksklusiewe voordeel vir diagnostiese toetse en skanderings.
Om die meeste uit jou troeteldierversekering te kry, word daar aanbeveel dat jy vroeg dekking verkry, bestaande toestande verstaan en dit ook bekend maak, voorbereid is met eisvorms en gedetailleerde fakture, en die spesifikasies van jou polis ken. Deur hierdie wenke te volg, kan jy verseker dat jou troeteldier die beste sorg ontvang sonder onverwagte finansiële druk. Verken Virseker se reeks troeteldierversekeringsplanne om die beste pas vir jou bondeltjie liefde te vind en gemoedsrus te geniet, wetende hulle is gedek.
Vir meer inligting of om 'n kwotasie te kry, besoek Virseker - Troeteldierversekering.
15 Aug 2024